• duck-3.jpg
  • slide01.jpg
  • duck-02-02.jpg

Die Enslin Familie Suid-Afrika

Die Enslin-familiegeskiedenis in Suid-Afrika begin in die jaar 1752, toe 'n 23-jarige soldaat uit Duitsland wat deel uitmaak van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, in die Kaap de Goeie Hoop geland het op 'n skip genaamd 'Bevalligheid' ...

... Hierdie soldate was gewerf uit die Nederlandse en Duitse leërs deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, en na die Kaap gebring om die Kasteel en die plase rondom die Kaap teen die Hottentotte te beskerm. Johan Adam (Hans) Enslin is gebore in Oberdorf / Bopfingen in Baden-Württemberg, Duitsland, op 29/7/1729. Sy pa was Hans Adam Enslin en die was 'n beesboer in Oberdorf / Bopfingen. Die naam Enslin (die oorspronklike spelling was destyds "Aenslin") kan teruggedateer word na 1401 in Duitsland.

Johan Adam Enslin sterf in Junie 1801 en is in die Paarl begrawe. Sy 7de kind (van 11) was Christoffel Bernardus Enslin, en hy het self 9 kinders gehad. Sy eerste kind, Johan Adam Enslin, was die leier van die 'Jerusalemgangers'. Sy jongste broer (Christoffel se 9de kind) was George Frederik Enslin. Hy is die voorvader van hierdie webtuiste se administrateurs.

Oorsprong van die Enslin Naam

Die naam "Enslin" het heel moontlik ontstaan uit die naam Anselm of Anshelm. ("Ans" beteken "Godheid" en "Helm" beteken "helmet, beskerming deur God"). Nog 'n moontlike afkoms is die naam "Entslein" wat Duits is vir "klein eend".  Ander variasies van die naam is: Entslein, Ansel, Ensel, Enzel en Enslin.

Die doel van hierdie Webwerf

Die doel van die webtuiste en die inligting rondom die Enslin familiegeskiedenis op hierdie webwerf is hoofsaaklik vir vier redes:
• Om 'n verwysingspunt vir huidige en veral toekomstige geslagte te vestig, om sodoende te sien waar hulle vandaan kom en waar hulle in die groter familie inpas.
• Om Enslin-familielede (asook ander) te inspireer om na vore te kom met nuttige inligting oor ons familiegeskiedenis.
• Om hulde te bring aan ons voorvaders wat deur die geslagte heen, dapper en onbaatsugtig die toekoms vir ons gevorm het.
• Om lede van die familie te bedank vir die navorsing wat hulle gedoen het oor baie jare, en wat dit toe gedokumenteer het en die inligting beskikbaar gemaak het aan diegene wat daarby kan baat vind.
Ons bedank u, die leser, vir u tyd en u belangstelling in die Enslin-familiegeskiedenis.

Welkom Suid-Afrika, Duitsland, Amerika, Kanada, Nederland en ander.

  • Ons wil graag ons nuwe webwerf aan julle bekendstel, wat nou ook ‘n Afrikaanse afdeling het! Ons hoop dat ons al ons Enslin-familielede sal ontmoet, kan gesels en meer van mekaar sal kan leer. Besoek gerus ons Enslin-Nuusblad, waar ons kommunikeer, debatteer, konfedereer en so meer. Daar’s ook plek vir artikels en ander nuusbrokkies. Advertensies vir Enslin-besighede sal gratis geplaas word. Jy kan ook jou plekkie aan die Enslin-stamboom bepaal! Nuwe webwerf Feb 8, 2017